“By Jou” is vir my ‘n eerlike refleksie van die musiekindustrie en hoe dit my lewe gevorm het.
Dit is nie die maklikste pad om te stap nie, en ek het al mense verloor op hierdie reis—nie omdat ek wou nie, maar omdat musiek vir my alles geword het. Wanneer iets jou so diep tref, raak dit maklik om jouself te verloor in die proses. Ure word dae, dae word nagte, en voor jy jou oë uitvee, is jy vasgevang in ‘n wêreld van klanke en melodieë. Dit is hoekom ek in die liedjie sing: “Ons almal bloei dieselfde hier, ons almal tref dieselfde muur.”
Ek weet ek is ‘n musikant, ek weet ek is emosioneel, kreatief en soms heeltemal all over the place. Maar saam met haar voel ek tuis—by haar raak selfs my wonde sagter, asof ek heel kan wees. En as ons twee agterbly om te sien wat volgende gebeur, sal dit die moeite werd wees. Wees net geduldig… ek maak hierdie musiek vir jou, vir ons.